Sasol Voels van Suider-Afrika, die eerste keer in 1993 uitgegee, was nog altyd 'n topverkoper onder veldgidse. Hierdie vierde uitgawe is herskryf en aansienlik verbeter, wat verseker dat dit die streek se mees uitvoerig geillustreerde en beproefde veldgids sal bly. Spesiebeskrywings is herskryf en sluit nou groepinleidings in; plate is herontwerp vir maklike gebruik en vergelyking; meer as 380 nuwe verbeterde illustrasies vervang vroeeres; illustrasies het vereenvoudigde byskrifte, wat onderskeidende kenmerke aanwys; verspreidingskaarte is bygewerk en toon hoe volop 'n spesie in die streek is en ook of dit 'n stand- of trekvoel is. Ander hulpmiddels is kalenderbalke wat spesies se voorkoms en broeitye toon, 'n gedeelte oor 'hoe om die boek te gebruik', sowel as sonogramme wat die roepe weergee van moeilik uitkenbare voels wat onderskeidende roepe het.
Sasol Voels van Suider-Afrika